DINK GRÓÓT

Seisoen 2 | Episode 11

Teekoppie-varkies | Jenewer | Insekteling

 

In Episode 11 is die span oorgehaal om nisboerderye te gaan verken waarvan baie mense nog nie eens gedroom het nie. Anrich gaan maak weer ‘n Kaapse draai by ‘n jenewerplaas net buite Stilbaai, Chris ontdek die wonderwêreld van troetelvarkies en Simonia staal haarself vir die effens minder wonderlike wêreld van grootskaalse goggas…

[timed-content-server show=”07/23/2018 20:00 Africa/Johannesburg”]

Insekteling

 

F: 076 686 0253
E: info@jozibugs.co.za
W:www.jozibugs.co.za

Jozi bugs

 

Simonia kuier by ‘n unieke entrepreneur wat ‘n suksesvolle sake-onderneming uit ‘n klomp grillerige goggas gemaak het. Kevin Kotzé, die eienaar van Jozi Bugs, vertel hy het ‘n klompie jare gelede klein begin. “Ek is afgedank, en dinge het swaar gegaan,” vertel hy. Aanvanklik was hy in die sewende hemel as hulle ½ kg meelwurms per maand verkoop het. Deesdae, sê hy, lewer Jozi Bugs 130 kg per week.

Kevin was nog altyd lief vir goggas en het in ‘n stadium gietjies aangehou as troeteldiere. Kort voor lank het hy ontdek dit is ‘n gesukkel om vir hulle kos (lees: die regte insekte) by troeteldierwinkels te kry, wat hom laat besef het daar is weliswaar ‘n mark vir insekte.

Dit was dié besef wat hom geïnspireer het om op groot skaal te begin teel, en sy sukses blyk duidelik uit die enorme pakskuur waarin ‘n wye verskeidenheid insekte op bestelling van kliënte gehou word.

Kevin wys vir Simonia ‘n 150 liter houer vol krieke, kompleet met kos en waterjel (“gewone” water sal nie werk nie; die krieke sal verdrink), asook ‘n verskeidenheid eksotiese insekte, waarvan sommige as troeteldiere aangehou word.

Jozi Bugs se mark is hoofsaaklik in Suid-Afrika, maar Kevin voer ook uit na buurstate soos Namibië, Zambië en Mosambiek.

Kom dit by toekomsplanne, sal Kevin graag meer spesies wil teel.

 

Jenever

F: 028 754 2442
E: distillery@inverroche.co.za
A: Laurenskirk Estate, R323, Old Riversdale Road, Stilbaai, Western Cape, South Africa
W:  www.inverroche.com

 

Inverroche distillery

Anrich bevind hom in een van tien asemrowende kamers van wat eers ‘n woonhuis was en nou ‘n jenewerpaleis is. Sy gasvrou, en die eienaar van Inverroche Distillery, is Leonora Scott wat vóór die verwesenliking van haar distilleriedroom in bemarking en politiek betrokke was.

Toe Leonore egter die wonderlike geskiedenis van die plaaslike fynbos begin ontdek, het sy besluit dit is waar haar passie en haar toekoms lê, en haar kinders was vanuit die staanspoor ook betrokke.

Van die fynbos wat Inverroche in hul verskeidenheid jenewers gebruik, word op die perseel in hul kwekery verbou. Hulle het egter ook toegang tot unieke en rare tipes van die plantspesie, en hulle koop dit ook aan van mense wat dit reeds verwerk het vir, byvoorbeeld, medisinale en voedseldoeleindes.

Inverroche word volhoubaar bestuur, vertel Leonora, en haar kinders werk saam met haar, want hulle het van die begin af haar visie gedeel.

Leonore gaan wys vir Anrich die distillerie en verduidelik hoe Inverroche se unieke proses werk, en dan is dit proetyd, met Anrich wat met die “manlikste” jenewer wil begin en Leonora wat verduidelik presies hoe ‘n mens te werk gaan om reg te proe.

Die laaste bestemming is die kruietuin, waar die baas van dié “plaas”, Paul Rautenbach, vir Anrich van die ongewone kruie wys wat daar verbou word.

 

Teekoppie-varke

 

F: 0815347188
E: elvengold@icloud.com
W: www.minipigs.co.za
A: Nylstroom, Limpopo

Mini pigs

Chris kuier by Susan Spencer wat, saam met haar wederhelf, die plaas Teacup Pigs besit, waar hulle die einste varkies teel en as troeteldiere verkoop.

Voordat hulle die boerdery op die been gebring het, was die Spencers poppespelers wat in ‘n stadium besluit het om diere in hul vertonings te gebruik. Eerste aan die beurt was honde en miniatuurbokke wat toertjies gedoen het. Nadat hulle die fliek Babe gesien het, het die varkies in hul verhaal gekom. En kort voor lank het hulle met die ras begin teel.

Die rede vir hul keuse van “Teacups” is dat die varkies klein is; gemiddeld onder kniehoogte en dat hulle die beste varke is om as troeteldiere te hê.

Susan wys vir Chris hoe om ‘n varkie vas te hou. Varkies hou nie van druk nie, dan skree hulle soos, wel, maer varkies, maar Chris leer gou, en kort voor lank lê ‘n kleintjie ewe tevrede in sy arms.

Susan se advies aan voornemende troetelvark-boere is om klein te begin. “Moenie dink jy het lande vol varkies nodig nie; hulle teel baie vinnig,” verduidelik sy. Verder, maan sy, moet jy weet waarmee jy teel. “Dit help nie om klein varkies te koop en nie te weet hoe hulle gaan lyk as hulle groot is nie,” sê sy.

[/timed-content-server]
 

Terug na episodes