Rissies | Frambose | Akwaponiese dierevoere
Met twee gewasse wat oor eeue en vastelande heen moes reis om in Suid-Afrika aan te kom, en een boerdery wat kostedoeltreffende veevoer na die volgende vlak neem, is Episode 1 van Nisboere Seisoen 2 beslis ‘n MÓÉT! Dis egter nie net die sonderlinge stories agter ‘n rissieboerdery, ‘n framboosplaas en ‘n vernuftige, gevorderde voerinisiatief wat die opwinding laat hoogloop nie.Die toon vir die episode én die nuwe seisoen word aangegee deur Gideo van der Merwe, Nisboer van die Jillaar vir die eerste seisoen en die meesterbrein agter die skouspelagtige sukses van E-Smart Foods, wat vir die duur van die seisoen sy lyf ook raadgewer hou. Episode 1 skop trouens af onder die skadu van Gideo se sogenaamde Ice Age Chamber op sy plaas Clean Air Nurseries, en dit sluit ook daar af waar hy, die aanbieders en nog twee kenners besluit waar pas elke boerdery in op Nisboere se nuwe ‘5 van die Bestes’-ranglys.
Rissies
https://www.facebook.com/SanctuaryFP/
Hannelie & Marthinus
072 237 2264 or 072 042 8530
sanctuaryfp@gmail.com
Elke saterdag by Waenhuiskrans plaas mark
Frambose
Call: Lungi – 079 719 0793
Mail: thefieldberryfarm@gmail.com
https://thefieldberryfarm.wordpress.com/about-3/
FIELD BERRY FARM: Lungi se lessies uit bessies
Anrich bevind homself behoorlik op ‘n inspirasiestasie. Die naam van sy kuierplek is Field Berry Farm. Die eienares en boer is Lungi. Die gewas wat sy verbou, is frambose, en haar produk en haar storie is ewe watertand.Met haar jare as ‘n huishulp agter haar en haar kinders uit die huis uit, het Lungi niks gehad om te doen nie – tot die bessiekoors haar gepak het. Toe sy die plaas van die eienaars van die grond erf, en saam met ’n liefde vir frambose, het ‘n nuwe toekoms vir haar oopgegaan. Sy het besef dat sy verdere opvoeding nodig het, en sy reken in hierdie opsig is haar ouderdom ‘n voor- eerder as ‘n nadeel, omdat ‘n mens weet wat jy wil doen en die nodige dissipline, asook spesifieke doelstellings het.Nadat Lungi haarself met die nodige kennis toegerus en die nodige bessies verbou het, was haar volgende mikpunt om haar produk op die mark te kry, wat sy met groot sukses aangepak en behaal het.‘n Baie belangrike en unieke bestanddeel van Lungi se suksesresep is die unieke gemeenskap wat sy met haar framboosboerdery geskep het. Vir haar kom die Christelike gemeenskap eerste, en dan volg die boerdery.Na die week se gewoel en werskaf deur Lungi en haar span, is Saterdae eweneens op en wakker met besoekers – by uitstek families met kinders –wat die vrugte van haar arbeid kom geniet. Daar is opsies te kus en te keur – van frambose pluk en etes geniet by die sjefs wat Lungi uitnooi om daar te kook, tot opwindende produkte wat die spektrum dek van framboos konfyt en -asyn tot framboosbier.
Akwaponika dierevoer
Office : +27 51 412 6395
Mobile : +27 83 227 7891
Mobile : +27 82 743 3307
Email: info@feedgrow.co.za
http://feedgrow.net/
FEEDGROW: “Tjoklits” vir beeste en winste vir boere.
Chris is oorgehaal om meer uit te vind omtrent akwakultuur en hoe tradisionele boerderye ‘n voorsprong kan kry met dié nuwe tegnologie, en daar is geen beter plek om uit te vind as die 100-hektaar beesplaas van Llewellyn Dippenaar en sy seun, Chris, nie.Llewellyn het aan die einde van 2014 besluit om af te tree as springstofingenieur en meer tyd aan sy passie vir boerdery te bestee. Kort voor lank het sy “naweek job” sy primêre werk geword, en toe dinge regtig ernstig word, het Chris by hom aangesluit. Vroeg in 2015 het pa en seun die infrastruktuur aangepak en, onder meer, ontdek dat hul voerkoste baie hoog is. Hulle het besluit om uit te vind watter alternatiewe tegnologieë in hierdie verband in Suid-Afrika beskikbaar is om die koste te verlaag.
In hul soeke na oplossings het Llewellyn vir Jan Erasmus, ‘n gesoute boer van Colesberg, en sy Feedgrow-stelsel by ‘n Nampo Oesdag in Bothaville raakgeloop. “Llewellyn en Chris is oopkop manne,” vertel Jan. “Hulle het dadelik waarde in my stelsel gesien. Hulle het ‘n bietjie gaan dink, en toe praat ons besigheid.”
Die Feedgrow-stelsel bestaan uit ‘n houer met 684 laaie vol garsspruite wat met 10-sekonde tussenposes met water besproei word. Elke dag word ses laaie uitgehaal en een ingesit, en te alle tye word die klimaat konstant op 19 grade Celsius gehou. Hierdie metode waarborg nie net kwaliteit, kwantiteit en standvastigheid enige plek in die wêreld nie; dit voorkom ook enige infestasies van gis, alge of swamme.
So, hoeveel diere kan so ‘n 684 laai kragvoer, en hoeveel kos dit? Die Dippenaars, sê Jan, kan regdeur die jaar 60 beeste voer met 10kg garsspruite teen 57-60c per kg (afhangende van die afstand wat dit vervoer moet word).
En dit is nie net die kostebesparing wat lekker is nie; vir die vee, wat aangehardloop kom as hulle dit sien, vertel Llewelyn, is hul porsies garsspruite soos sjokolade!
Gelukkig is die resultaat gesonder as sjokolade. Sedert die Dippenaars die Feedgrow-stelsel gebruik, is hul diere gesonder, met blinker velle en beter gehalte vleis… en hul toekomsplanne is meer opwindend: Hulle wil die totale ketting dek, “van waar ‘n bees begin tot waar hy op iemand se bord beland”, met die doel om ‘n topgehalte produk aan die verbruiker te lewer en in die proses ook al die middelmanne te verwyder.
Terug op die plaas & 5 van die bestes
Na al hul omswerwinge is die span terug by Nisboer van die Jaar, Gideo van der Merwe, se Clean Air Nurseries in die ooste van Pretoria. Die tyd het aangebreek om nie net terugskouing te doen nie, maar ook ‘n opwindende nuwe toevoeging tot die reeks bekend te stel: 5 VAN DIE BESTES. Die doel van dié ”kompetisie” is om kenners se insigte omtrent elke boerdery te win en die drie op ‘n ranglys vir die week te plaas, wat uiteindelik sal bepaal wie die nuwe Nisboer van die Jaar gaan wees.
Die kenners wat vandeesweek by die Nisboere-span aansluit, is Philip Erasmus, Bemarkingsbestuurder: Plantvoeding en Dienste van Laeveld Agrochem, en Corné Liebenberg, Stigterslid en direkteur van Laeveld Agrochem.
Wie sê Wat (in alfabetiese volgorde):
Corné gesels oor…
Sy visie vir Nisboere Seisoen 2:
“Die boere op die reeks is reeds suksesvol, maar ons wil hulle nog meer suksesvol maak – ook vir die publiek, sodat hulle nie dieselfde foute hoef te maak nie, want ons het klaar die klasgeld betaal.”
Philip gesels oor…
Die vyf beginsels van volhoubaarheid:
- Produktiwiteit moet oor tyd gehandhaaf of verbeter word.
- Risikofaktore moet geïdentifiseer en aangepak word vóór die projek begin.
- Natuurlike hulpbronne soos grond, water en lug moet optimaal bestuur en beskerm word.
- Aktiwiteite moet sosiaal aanvaarbaar wees vir die omgewing.
- Dit moet ekonomies regverdigbaar wees.
Wat sê die kenners – Hoe vaar die plase?
Feedgrow:
Gideo: “Ek is baie opgewonde hieroor. Daar is geen twyfel oor die volhoubaarheid van die stelsel nie. Dit kan kostes dramaties sny en dit is beslis die toekoms, wat ‘n mens boonop in staat stel om baie vleis op ‘n klein area te produseer… Die beheer oor patogene is ook baie goed. Met die droogte in die Kaap is Feedgrow amper ‘n moet. My enigste besorgdheid is dat die Dippenaars nie net op munisipale krag kan staatmaak nie; hulle moet ‘n backup kry.”
Field Berry Farm:
Corné: “Lungi behaal sukses op ‘n klein stukkie grond, hoewel ‘n mens waarskynlik met selfs nog kleiner kan wegkom. Dit is indrukwekkend dat sy die gemeenskap betrek; gemeenskapsbetrokkenheid is immers een van die doelstellings van Nisboere. En sy het ook die kwessie van diversifikasie goed vasgevat met haar produkverskeidenheid wat addisionele markte skep en waarde tot haar onderneming toevoeg.”
Philip: “Dis mooi dat Lungi haarself geleer het, en sy doen baie om haar gemeenskap te betrek. My voorstel is dat sy haarself omring met kundiges – mense wat haar kan help met, byvoorbeeld, gewasbeskerming en besproeiing.”
Sanctuary Farm:
Corné: “Dié rissieboer is nog in sy beginskoene, maar hy gaan baie mense nog lekker laat brand!”
Phllip: “Die boer het homself beperk tot die informele mark. My advies aan hom sou wees dat hy by die groter mark betrokke raak. Dit is wel indrukwekkend dat hy op 1.2 hektaar vir hom en sy vrou voorsiening kan maak, veral nadat hulle beide eers werkloos was.”
- EN DIE WENNER IS: FEEDGROW, vir sy enorme bydrae tot kosteverlaging en volhoubaarheid.
- DIE NAASWENNER IS: FIELD BERRY FARM, vir die boer se verbintenis tot haar eie opvoeding én haar gemeenskap.
- EN IN DIE VERDIENSTELIKE 3DE PLEK STAAN: SANCTUARY FARM vir die boere se vermoë om hulself op te hef en te onderhou.
Volgende week op Nisboere:
Simonia kry ‘n mondvol oor streng vegetariese en vegan-kos, Anrich is die doring tussen duisende rose, en Chris vind uit wat dit is wat springmielieproduksie ‘n hupstoot gee.