DINK GRÓÓT

’n Klein saadpakkie om ’n kleinskaalse boerdery in jou agterplaas te begin!

’n Klein stukkie grond in jou tuin of agterplaas is al wat jy nodig het om die deur na groot moontlikhede te open, sê Kobus Hurter van AgricultSURE wat die saadpakkieprojek met groot sukses saam met Laeveld Agrochem aangepak het.  

Volgens hom is daar ’n aansienlike toename in nuwe nisboere wat op klein skaal sommer van die huis af begin boer. Hierdeur verseker hulle nie net voedselsekuriteit vir hulself nie, maar begin later ook ekstra geld verdien deur hul surplusse in hul plaaslike gemeenskappe en aan instansies te verkoop.

“Die belangrikste is om net te begin,” sê hy. “Inteendeel, vir dié wat daarvan droom om later selfs op ’n kommersiële vlak te begin boer, is dit eintlik die ideale begin, want dit bied aan jou die geleentheid om eers deeglik touwys te raak oor hoe om gewasse suksesvol te kweek voordat jy te veel daarin belê.”

Dit is toevallig presies wat die saadpakkieprojek geïnspireer het: om met so min moontlik uitlegkapitaal soveel moontlik groen vingers en nisboere te help skep. Dié saadpakkie, wat slegs R260 kos, is beskikbaar in twee variante, een vir die somer en een vir die winter, en elke pakkie bevat genoeg saad om ongeveer 100-120kg gesonde groente te produseer.

In die praktyk beteken dit genoeg groente vir ’n gesin van ses vir ses weke, wat so R2 000 werd is. Die somerpakkie, wat vanaf September elke jaar beskikbaar is, bevat saad vir murgpampoentjies, groenbone en spinasie, asook bonusgewasse soos tamaties, kool, botterskorsies en pampoen. Dit word gewoonlik tussen September en Februarie in die warmer gebiede van ons land aangeplant.

Die winterpakkie bevat saad vir wortels, uie, radyse, beet en rape, met bonusgewasse soos kool en spinasie, en word gewoonlik tussen Februarie en April of tussen Februarie en Mei in die warmer gebiede aangeplant. Die volgende winterpakkies sal weer vroeg in 2023 beskikbaar wees.

Elke pakkie bevat ook kunsmis vir jou grond, toue om jou te help om die saad korrek te spasieer en ’n volledige, praktiese stap-vir-stap-gids wat jou presies wys wat om te doen. Al wat jy dan van jou kant af nodig het om te begin plant, is ’n ruimte van so 3m × 5m (15m2) en natuurlik water.

Corné Liebenberg, Direkteur van Laeveld Agrochem, sê wanneer jou groente begin saadskiet, is dit belangrik om ook die nodige produkte byderhand te hê om seker te maak jy kry so veel moontlik uit jou gewasse. Hy beveel spesifiek die Efekto– en Wonder-reeks aan wat ook nou gerieflik beskikbaar is by enige van die Laeveld Agrochem-takke landwyd. 

Efekto-produkte is van groot belang om al daardie plae wat jou gewasse en wins kan belemmer op ’n afstand te hou. Die Wonder-reeks is weer soos kos vir jou plante en help om dit vinniger, groter en gesonder te laat groei. 

Beide reekse se produkte is ook in klein hoeveelhede beskikbaar om dit bekostigbaarder te maak vir elkeen wat net ’n groentetuin wil aanlê of op klein skaal wil boer. Die heel belangrikste advies kom egter van byna elke nisboer wat tot dusver ons paaie gekruis het en wat saamstem: “Indien jy enigsins daaraan dink om te begin boer, begin net, al is dit eers net op klein skaal.”

Van groentetuin tot kleinskaalse boer tot kommersiële boer … dit alles begin deur net ’n saadjie te plant, waar jy ook al is, met watter ruimte jy ook al tot jou beskikking het. Besoek gerus www.laeveld.co.za vandag nog om jou eerste saadpakkie te bestel. Volg @Nisboere op Facebook om uit te vind wat ander nisboere doen en jόú storie te deel.