SÓ WERK DIE NUWE RANGLYS

Seisoen 4 staan gereed met ʼn opwindende nuwe “10 van die Bestes”-ranglys waar die punte bereken word op grond van die volgende drie hoofkriteria:

  1. Kommersiële lewensvatbaarheid
  2. Strategie-implementering
  3. Uitbreidingspotensiaal

Twee paneellede en ʼn spesiale gas kry elke week die geleentheid om vir die nisboer van die episode punte uit 10 te gee vir elkeen van hierdie norme, wat dan uiteindelik neerkom op ʼn punt uit 90.