DINK GRÓÓT

JAC Motors: Stylvolle werkesels binne almal se bereik

Vir die vyfde agtereenvolgende jaar is JAC Motors die mede-titelborg van die Nisboere-TV-reeks, met Seisoen 10 wat vertel van nog ’n groep Suid-Afrikaanse vooruitstrewende nisboere wat innoverende planne in aksie omskep.

Karl-Heinz Göbel, uitvoerende hoof van JAC Motors Suid-Afrika, sê die skeppendheid van die entrepreneurs wat oor die jare in hierdie program aan landgenote bekend gestel het, pas sy maatskappy soos ’n handskoen: Dit is boere wat toekomsgerig werk, wat hul ondernemings volhoubaar bedryf, wat hul impak op die omgewing op die hart dra, en wat ekonomiese besigheidsbeginsels toepas.

Dit is presies hierdie eienskappe waarop JAC ook fokus, voel Karl-Heinz. Dit is die grootste rede waarom JAC vanjaar die mede-borg is van Nisboere Seisoen 10 se groot bakkiekompetisie – ’n JAC T6 2.0 CTI-enkelkajuitbakkie ter waarde van byna R300 000 gaan die eiendom word van iemand wat teen 31 Julie met ’n buitengewoon vernuwende nisboer-idee vorendag kom. Hy tree op as een van die beoordelaars.

Net so bly innovering ook een van JAC Motors se fokuspunte. Niks illustreer dit beter as hul nuwe hibriede voertuig – een wat deur sowel elektrisiteit as petrol aangedryf kan word – wat onlangs bekend gestel is nie. 

Dit is die JAC T9 PHEV, ’n inprop-hibriede dubbelkajuitbakkie wat ’n 2.0-liter-turbo-petrolenjin kombineer met dubbele elektriese motors. “Ons het gevoel ons wil vir die land ’n bakkie gee waarmee jy ’n inkomste kan verdien en waarmee jy ’n lewe kan maak, en dit teen ’n prys wat jou sak sal pas. Dan wou ons ook iets vir die publiek gee wat duursaam is, iets wat hulle sal verseker van ’n paar honderdduisend kilometer se ryplesier. Ons is werklik trots op hierdie voertuig.”

Die grootste pluspunt van hierdie voertuig is dat dit kan help om jou onafhanklik te maak van petrol of diesel, wat deesdae een van die duurste items op maatskappye se uitgawe-lys is, sê Karl-Heinz. “Elektriese voertuie raak ’n belangrike opsie – selfs noodsaak – in ’n tyd dat diesel en petrol byna onbetaalbaar geword het. Die hibriede model raak al hoe meer relevant, veral vir boere. Die een wat ons nou op die mark sit, met ’n ewenaarslot, maak dit uiters geskik vir die landbou. Daarby is dit ’n stylvolle viertrekvoertuig. Jy kan die hele dag deur die battery gebruik, en wanneer die batterykrag op is, skop die enjin in. Jy gaan dus nooit die probleem teëkom dat, wanneer die batterykrag opraak, jou voertuig met jou gaan staan nie. Ons almal weet dat Suid-Afrika ’n land propvol sonkrag is. Indien jy dus ’n sonkragstelsel byderhand het, kan jy jou voertuig soggens binne minder as ’n uur laai en dan die hele dag op elektriese krag ry.”

JAC Motors het besef hulle sal nie kan agterbly met hierdie vernuwende ontwerp nie. “Ek dink meer en meer gaan mense besef dat daar ander moontlikhede as diesel en petrol beskikbaar is. Óns bied nou daardie alternatief. JAC is die grootste verskaffer van elektriese vragmotors in die land, en ons het nou ook ’n klein elektriese bakkie bekend gestel wat meer as 200 kilometer op ’n volle lading kan ry.”

Teen ’n prys van R860 000 klink die T9 Hybrid dalk buite bereik van die meeste mense. “Dis ’n luukse voertuig, met net mooi alles in – en elke sent werd. Veral as jy dink hoeveel jy op brandstofuitgawes bespaar.”

Een van die belangrikste aspekte van JAC se prysstruktuur in die algemeen is dat mense wat nooit ’n nuwe kar sou kon bekostig nie, nou ’n splinternuwe kan uittrek, sê Karl-Heinz. “Die gevolg hiervan is dat gebruikte motors se pryse gaan daal, en dit maak dat dié wat gedink het hulle sal nooit ’n voertuig kan bekostig nie, nou wel een sal kan besit.” 

Hy voel die T9 PHEV is ’n voertuig wat die land vol moet ry, “veral as ons kyk na die terugvoering wat ons van boere kry. Dis ’n werkesel by uitstek, dis ’n groot voertuig met ’n puik brandstofverbruik, en een wat die koolstofvoetspoor drasties verminder.

“Wat nou in die voertuigmark aan die gebeur is, is skitterend. Die Chinese, wat die vervaardigers is van JAC-voertuie, is besig om al hoe meer werksgeleenthede hier te skep. Dis goed vir die ekonomie.”

JAC Motors Suider-Afrika is die verteenwoordiger van die Chinese maatskappy Anhui Jianghuai Automobile Group Corp.

Brandstofpryse gaan ongetwyfeld aanhou styg, wat beteken dat jy twee keer sal moet dink oor die tipe voertuig wat jy koop. Ekonomiese gebruik gaan ’n groot rol speel in jou keuse. “Dink net hoeveel jy kan bespaar as jy gereeld die brandstofrekening van ’n vloot voertuie moet betaal. Natuurlik sal elektriese voertuie ’n positiewe invloed hê op die groei van jou onderneming. Dit gee jou dus ’n voordeel bo ander ondernemings en het ’n invloed op jou winsgrens … en ek dink dit sal al hoe meer onmisbaar raak in die mark.”

Hý was ook eers skrikkerig vir elektriese motors, sê Karl-Heinz, “maar nou vind ek die antwoord vir oorskakeling is die hibriede voertuig. Een van die tipe ondernemings wat in hierdie rigting sal moet begin dink, is koeriermaatskappye … pleks van net hul pryse te laat aanhou styg, is elektrisiteit die antwoord. Takelot het byvoorbeeld begin met ses elektriese vragmotors – nou het hulle al by die 30. Jy faseer elektries in, en jy maak seker dat dit vir jou werk.”

Met 70 takke landwyd bied JAC Motors iets vir elke behoefte … en kopers kan reken op hierdie voertuie se krag, veiligheid en duursaamheid. Daarom is die maatskappy bly dat hy betrokke kan wees by mense soos nisboere, vir wie “onmoontlik” nie bestaan nie. “Net soos hulle glo ek dat passie in wins omskep kan word. Wat kan beter wees as om soggens op te staan en jou passie uit te leef?”

  • Besoek www.jacmotors.co.za of bel 011 958 0540 vir meer inligting.
  • Volg @Nisboere op Facebook en Instagram of besoek www.nisboere.co.za om saam met ander nisboere te leer en ook om jóú storie met ons te deel.
  • Besoek ook www.wowbuy.co.za om van die produkte wat in van die episodes verskyn, aan te skaf.