Nisboere het onlangs met prof. Nick Kotze gesels oor ’n opwindende nuwe ontwikkeling, naamlik die opening van die HortiDemoSentrum in Stellenbosch. Die doel van die sentrum is om ’n sentrale punt te skep waar opkomende boere en studente in tuinbou inligting kan ontvang en waar die nuutste Nederlandse tuinboutegnologie deurlopend ten toon gestel kan word.
Op die lang duur is die plan om die agronomie in Suid-Afrika op die winsgewendste, produktiefste en mees volhoubare manier te vestig en terselfdertyd die beskerming van ons natuurlike hulpbronne voorop te stel. Eenvoudig gestel: Tuinbou is natuurlik dié subkategorie van landbou wat meestal te doen het met die kweek van tuingewasse soos vrugte, groente en sierplante.
Daar is oor die algemeen vier hooftipes tuinbou, naamlik olikultuur (die produksie van groente), pomologie (die produksie van vrugte), wingerdbou (die produksie van vrugte en neute) en die teel van blomme en sierplante. Die HortiDemoSentrum beoog egter om nie net op die verbetering van metodes in hierdie tipes van boerdery te fokus nie, maar ook op die totale waardeketting daarvan.
Die plan is om die markte vir dié produkte te verbeter en uiteindelik selfs ook nuwe werksgeleenthede te skep. Waarlik ’n blink plan, sou ons sê! Een van die uiters noodsaaklike dienste wat die sentrum gaan lewer, is om daadwerklik en pro-aktief te werk te gaan om ’n volwaardige nuwe mark vir volhoubare landboutegnieke en tegnologie te ontwikkel.
Een van die ander waardevolle bydraes wat die sentrum graag wil maak, is om ’n potensiële terrein te bied waar onafhanklike eksperimente vir die kommersiële groentesektor uitgevoer kan word. Hierdie inisiatiewe sal deur die universiteit self geadministreer word om sodoende onafhanklike data oor verskillende groentevariëteite in te samel. Vir meer inligting oor die sentrum of enige van sy dienste, stuur gerus ’n e-pos aan estellekempen@sun.ac.za.
Een van die ander onlangse belangrike gebeure in die landbougemeenskap wat ons aandag getrek het, was die Organic & Natural Products Expo Africa wat van 21 tot 24 Oktober 2022 in Johannesburg plaasgevind het. Dis die enigste tentoonstelling in die hele Afrika wat spesifiek voorsiening maak vir dié sektor en wat aan alle rolspelers wat met hierdie produkte handel dryf die geleentheid bied om mekaar te ontmoet.
Buiten die invoerders, uitvoerders, verskaffers en kopers wat met mekaar skouer kan skuur, kan kleinhandelaars ook hul produkte hier direk aan verbruikers bekend stel en verkoop. Indien jy graag volgende jaar aan hierdie unieke geleentheid wil deelneem, volg gerus dié skakel sodat jy vroegtydig ’n stalletjie kan bespreek: https://www.organicandnaturalportal.com/expo/
As jy self ook ’n verskaffer van enige organiese en natuurlike produkte is, het ons nόg goeie nuus. Terwyl jy wag vir die volgende tentoonstelling, kan jy intussen goeie blootstelling kry op dié platform deur aansoek te doen om gelys te word op hul gebruikersvriendelike aanlyngids. Volg sommer dadelik dié skakel: https://www.organicandnaturalportal.com/get-listed/
Indien jy wel by vanjaar se tentoonstelling was, volg @Nisboere op Facebook om ons so ’n bietjie daarvan te vertel. Natuurlik ook sodat jy op die hoogte kan bly van enige ander noemenswaardige verwikkelinge en gebeure in die landboubedryf. Vir meer artikels en inligting oor allerhande unieke aspekte van en mense in die landboubedryf, besoek www.nisboere.co.za.