DINK GRÓÓT

Die formulering van jou landbouchemikalieë kan ’n reuse verskil maak

Die landboubedryf maak staat op chemikalieë om siektes in plante te behandel en te voorkom, gewasproduksie te verhoog en plae te vernietig. Aangesien daar baie soorte chemikalieë op die mark is, word baie boere gedwing om dit op ’n proef-en-foutgrondslag te toets. 

Nisboere het onlangs met Schalk van der Merwe van ADAMA gesels oor twee baie unieke produkte wat heelwat probleme oplos waaroor boere al slapelose nagte gehad het. Een hiervan is Nimitz®, ’n gekonsentreerde, emulgeerbare doder van knopwortelaalwurms waarvan die hoof aktiewe bestanddeel fluensulfoon is. 

Die aalwurm is ’n alomteenwoordige nematode wat ’n uiters belangrike rol in die landbou speel, omdat dit die grondkwaliteit op vier hoofgebiede verbeter. Eerstens reguleer dit die populasie van ander grondorganismes. Tweedens mineraliseer dit voedingstowwe wat dit makliker maak om deur plante opgeneem te word. Derdens verskaf dit ’n voedselbron vir ander grondorganismes en laastens verteer dit organismes wat siektes veroorsaak.

’n Knopwortelaalwurm is egter ’n nematode van ’n heel ander aard, naamlik ’n plantparasitiese nematode (PPN) wat groot skade aan oeste berokken aangesien dit op verskeie plantdele teer.

Ander doders op die mark verlam slegs hierdie knopwortelaalwurms in die teenwoordigheid van die produk. Sodra die produk dus nie meer teenwoordig is nie, raak ’n groot persentasie van die aalwurms van voor af aktief, afhangende van die fase van hul lewensiklus. 

Nimitz verlam nie net die knopwortelaalwurms nie, maar dood hulle volkome binne 24 tot 48 uur ná toediening. Boonop is dit ’n “blouband-produk” met ’n gematigde toksisiteitsprofiel wat nie alle ander nematodes of grondorganismes in die proses uitwis nie. 

Nog ’n ADAMA-produk wat boere tans aan die gons het, is Trivor®, ’n gekonsentreerde, dispergeerbare insekdoder wat plae in sitrusvrugte en druiwe beheer – spesifiek witluis, blaaspootjies en rooidopluis. Schalk sê die twee hoof aktiewe bestanddele van die produk is asetamipried en pyriproxyfen, waarmee die meeste sitrusboere reeds vertroud is.

Die wyse waarop ADAMA dit geformuleer het, het hulle egter nog nêrens anders in Suid-Afrika teëgekom nie. Die rede hiervoor is dat pyriproxyfen nie voldoende wateroplosbaar is nie en dus ook nie goed deur plante opgeneem kan word nie. Trivor® is egter só geformuleer dat dit beter deur plante geabsorbeer kan word, wat nie net die werking daarvan verbeter nie, maar ook die nawerking daarvan.

ADAMA (voorheen bekend as MASA) is ’n Israeliese landbouchemiese maatskappy wat al sedert 1998 in Suid-Afrika gevestig is. Een van die redes waarom hul produkte so hoog aangeskryf word, is omdat hulle van wêreldklastegnologie gebruik maak vir die formulering daarvan. Klik hier vir meer inligting oor die verskillende gewasbeskermingsprodukte wat ADAMA bied.

ADAMA probeer ook tegnologie op ander wyses benut om Suid-Afrikaanse boere te help om hul gewasse doeltreffend te beskerm. Een so ’n opwindende ontwikkeling is hul ADAMA Grow-app wat nou op Google Play Store beskikbaar is. 

Die app staan boere by om hul gewasse se seisoen te beplan en te bestuur om beter ingeligte besluite te kan neem met betrekking tot toepaslike gewasbeskermingsoplossings vir elke groeistadium. Klik hier om die app af te laai om te sien hoe dit werk. Volg @Nisboere op Facebook om op die hoogte te bly van die jongste uitvindings en vernuftige nisboerdery-idees.