2DE PLEK: Mushroom Guru

Telling: 69 ½ / 90

Craig Fourie en sy wederhelf Nikki boer op ʼn unieke manier in ʼn industriële gebied naby Somerset-Wes met sampioene. Hul spesialiteitsgewas is Reishi-sampioene wat baie uitsonderlike medisinale eienskappe bevat en waaruit hulle ook ʼn reeks skoonheids- en reinigingsprodukte vervaardig. Craig bestuur die onderneming op ʼn wetenskaplike, laboratorium-gebaseerde manier – van die kweekkamer tot die laboratorium en van die sampioene self tot die produkreekse. Die Fouries deel ook graag hul deskundige kennis, onder meer deur die aanbieding van werkswinkels vir mense wat in hierdie kaliber van wetenskaplike sampioenboerdery belangstel.