1STE PLEK: Berries for Africa

Telling: 72 / 90

Berries for Africa is ʼn familiebesigheid wat deur Leander Vosloo en sy vrou, Margaret, bestuur word. Die Vosloos is nie net verbind tot die verbouing en verskaffing van ʼn wye verskeidenheid bessiekultivars nie. Hulle is ook passievol oor opvoeding en deel graag hul kennis omtrent bessieplante en die hoë voedingswaarde en verbouing daarvan met mede-Suid-Afrikaners – van entoesiastiese tuisboere tot grootskaalse boere. Die geheim van Leander se sukses is meer as net sy volgehoue navorsing en toewyding. Hy skryf sy prestasies toe aan ʼn Hoër Hand, asook aan Margaret wat sy besigheidsvennoot en regterhand is.