Vrae en antwoorde

Wat is die doel van Nisboere?

In Suid-Afrika word die woord “boer” dikwels met stereotipiese beelde geassosieer: iemand met ‘n groot stuk grond wat gewasse verbou of met vee teel. Daar is ook baie negatiewe persepsies aan boerdery verbonde, en in sommige kringe is die beroep tot ‘n klein minderheid beperk.

Bevolkingsgroei en die meegaande kommer oor voedselsekerheid is ʼn daaglikse gespreksonderwerp in die openbare sfeer, veral in die lig van die debatte oor grondgebruik en ontwikkelingsgeleenthede. Ten spyte van die druk wat op ons grootskaalse boere rus, moet ons ook ‘n oplossing vir die dreigende nasionale voedselkrisis vind en agente vir verandering en innovasie word.

Nisboere plaas die kollig op alledaagse Suid-Afrikaners wat met hul nisondernemings broodnodige verandering teweegbring. Elke episode bewys dat ons almal met ‘n bietjie motivering, harde werk en navorsing tot die toekoms van ons land kan bydra.

Waar en wanneer word Nisboere uitgesaai?

Heruitsendings van Nisboere Glans, asook vorige seisoene van Nisboere, word op VIA, DStv-kanaal 147, uitgesaai. Besoek www.viatv.co.za vir die jongste TV-gids.

Hoe vind mens meer uit oor die boere en boerderye wat op Nisboere verskyn?

Die boere en boerderye wat op Nisboere verskyn se stories word almal onder elke onderskeie episode se opsomming gepubliseer.

Is daar herhalings van Nisboere?

Heruitsendings van Nisboere Glans, asook vorige seisoene van Nisboere, word op VIA, DStv-kanaal 147, uitgesaai. Besoek www.viatv.co.za vir die jongste TV-gids.

Kan ek aansoek doen om op Nisboere te verskyn?

Enige persoon in Suid-Afrika met tegnologieë, nis- of ongewone tipe boerderye kan aansoek doen om op Nisboere te verskyn.

Indien jy dink jou boerdery is geskik vir Nisboere, hoef jy slegs jou storie en besonderhede op die Kontak ons-bladsy op ons webwerf in te dien.

Wat is Laeveld Agrochem se saadpakkie?

Laeveld Agrochem se saadpakkie bevat alles wat mens nodig het om jou eie groentetuin aan te lê en die vrugte daarvan te pluk.

Die saadpakkie sluit saad in, ʼn eenvoudig geïllustreerde handleiding, en spasiëringstoue, sowel as twee soorte kunsmis. Die somerpakkie bevat saad vir skorsies, groenboontjies, kool, wortels en spinasie en die winterpakkie bevat saad vir kool, beet, uie, wortels en rape.

Met so ʼn saadpakkie kan mens binne ses maande genoeg groente produseer om ʼn gesin van ses vir ʼn maand lank te voorsien.

Sluit gerus aan by die aanbieders van Nisboere, wanneer hul weekliks by Laeveld Agrochem se proefplaas ʼn draai gaan maak om die A-Z van so ʼn groentetuin te leer en te bepaal presies hoe onfeilbaar Laeveld Agrochem se saadpakkie is.

Wat het ek nodig om ʼn groentetuin met die Laeveld Agrochem se saadpakkie te kan begin?

Al wat mens nodig het om jou groentetuin deur middel van Agrochem se saadpakkie te kan begin, is ʼn stukkie geskikte grond van sowat 3m x 5m (15 m2) en genoegsame water. En natuurlik, jou Laeveld Agrochem saadpakkie.

Waar kan ek Laeveld Agrochem se saadpakkies aankoop?

Vir meer inligting kan jy ʼn e-pos stuur aan Jeanette Nel by jnel@laeveld.co.za