DINK GRÓÓT

Seisoen 5 | Episode 12

Wupperthal Rooibos 1830

Nisboere gaan kuier vandeesweek op die plaas Wupperthal Rooibos 1830 in die Sederberge. Terwyl die betekenis van “Wupperthal” en die “Rooibos” in die naam ooglopend is, verwys die “1830” terug na die jaar toe ʼn Duitse sendingstasie daar begin is, wat ook die begin van die plaaslike rooibosbedryf beteken het. Sedertdien is dit die tuiste van ʼn klein maar kundige boerderygemeenskap wat die wêreld se voorste rooibostee verbou.

Die resultaat van hul kennis, wat letterlik en figuurlik telkens teruggeploeg word, is indrukwekkende plantgroottes en puik opbrengste. Twee faktore dra boonop die afgelope klompie jare tot dié inspirerende boerderygemeenskap se sukses by – 70% van die boere behoort aan Fair Wupperthal Rooibos Cooperative Limited wat hulle help om ʼn beter toekoms vir hul families te skep, en die totstandkoming van die Wupperthal Community Development Trust in 2017 het dit vir dié boere moontlik gemaak om eienaarskap te neem en werk en welvaart vir die plaaslike ekonomie te skep.

Kontak besonderhede:
matthew@bestinvestin.co.za
083 440 0705


Terug na episodes