Telling: 57 ½ / 90
Die Eigelaars se prentjiemooi plaas in Piketberg is die tuistevan die opwindende FruitLips-handelsmerk. Liebré Jacobs is die skeppende gees wat
ook betrokke is by admin en produksie. Broer Johnnie is verantwoordelik vir die
administrasie, strategie en uitbreiding en ma Deidré hanteer die finansies. Nog
ʼn onmisbare “bestanddeel” van die suksesresep is Elouise Josephs wat aan die
stuur van produkontwikkeling staan. Die resultaat van al hierdie passie en
samewerking is produktiwiteit, profyt en veelsydigheid wat duidelik blyk uit ʼn
reeks produkte wat wissel van ingemaakte persimmons en persimmon-blatjang tot ʼn
pruim braaisous en minisakkies konfyt.