Ambrosia Citrus Estate | Afrivet | Happy Land Farm



MAKROPLAAS VAN DIE WEEK
Ambrosia Citrus Estate
Mali bevind homself in Hoedspruit wat allesbehalwe skaapwêreld is. Sy gasheer en die eienaar van die plaas, Gert Bezuidenhout, gaan nietemin van krag tot krag met sy skaapboerdery wat ʼn deurslaggewend belangrike rol in sy komposonderneming speel. Daarbenewens verbou Gert deur die jaar suurlemoene, pomelo’s, bloubessies en mango’s vir atjar om regdeur die jaar ʼn inkomste te genereer – alles bedrywighede wat mekaar wedersyds versterk. Om alles te kroon, het hy indrukwekkende en haalbare planne vir die toekoms.
F: +27 15 793 0208
W: ambriosa@radioactivewisa.co.za
VERSKAFFER VAN DIE WEEK
Afrivet
Phillip se bestemming van die week is Afrivet in Pretoria-Oos en sy gasvrou is dr Hanré Bredenkamp, die besigheidseenheidsbestuurder vir lewende hawe. Hanré vertel vir hom alles en nog wat omtrent dié onderneming. Afrivet is die enigste dieregesondheidsmaatskappy in Suid-Afrika en benewens hul omvattende reeks veeprodukte het hulle ook ʼn geselskapsdier-afdeling en opleidingsafdelings. Op sy toer deur Afrivet, ontmoet Phillip vir opleidingsbestuurder Matthew Carter en ook die besturende direkteur dr Peter Oberem, wat nie net Afrivet se geskiedenis met hom deel nie, maar ook vir hom wys waar en hoe ʼn boek met ʼn spesiale boodskap van president Cyril Ramaphosa in die prentjie, en sy kantoor, pas.
F: +27 12 817 9060
E: enquiries@afrivet.co.za
W: http://www.afrivet.co.za
NISBOER VAN DIE WEEK
Happy Land Farm
Met Anrich se aankoms by die hek van Happy Land Farm word hy gegroet deur eienaar Robert Patson, kompleet met praghen Pollie in sy arms. Van daar af ontdek Anrich die wonderwêreld van pluimvee wat met ʼn kombinasie van rooi- en geelmielies, kekerertjies en hempsade gevoer word en wat gereeld stofbaddens kry om hul vlooie kaf te draf. Hy ontmoet ook Robert se vrou, Quaymberley, wat verantwoordelik is vir die foto’s, sosiale media en die bestuur van die werkwinkels wat hulle elke Saterdag hou en wat volgens Robert die brein agter hul besigheid is. Les bes kry Anrich advies vir voornemende hoenderboere én hy kry ʼn voorsmakie van Robert se toekomsplanne.
F: +27 83 495 6532
E: robert@happylandfarm.co.za
W: http://happylandfarm.co.za/