nisBoerdery Geheime
DISCUS DIVANA Vis-advies:
- Warmer temperature (maksimum 3 grade Celsius) verhoog die metabolisme van babavissies, wat hulle meer laat eet en vinniger laat groei, om sodoende vinniger verkoop te kan word.
- Indien paartjies nie op skedule hul volgende broeisel eiers lê nie, kan jy die proses aanhelp deur 50% van die water te vervang met water wat twee grade kouer is – dus die broeiseisoentemperatuur.
- Haal die eiertjies so vinnig as moontlik uit om groter uitbroeigetalle te bewerkstellig.
- Gebruik hoër volumes water (groter tenks) om vlakke meer stabiel te hou. Dit is wetenskaplik bewys dat kleintjies vinniger in groter volumes water groei, met die addisionele voordeel dat die arbeid betrokke by die vervanging van die water ook effens minder is.
- Vooraf-behandelingsmedisynes is ‘n goeie manier om siektes en gesondheidsinspeksies te voorkom. Belangstellendes kan vir Nelize van Driel kontak by 071 641 2937 vir meer tegniese inligting in hierdie verband.
Besigheidswenke:
- Belê in soveel paartjies as moontlik sodat daar genoeg broeipare is om die produksielyn aan die gang te hou.
- Om op uitbreidingskostes te bespaar en voordeel te trek uit spesiale afslag, kry 'n besigheidsrekening by ‘n groothandelaar soos Daro.
- As jy aan beide publiek en troeteldierwinkels wil verkoop, maak jou prys ‘n bietjie hoër vir die publiek om die troeteldierwinkel-mark te ondersteun. (As jou pryse te laag is, gaan mense direk by jou wil koop, en nie by die troeteldierwinkels nie.)
- Dis arbeidsintensief om kleintjies weg van hul ouers groot te maak, so kry 'n assistent om jou met die “voerskofte” te help.
- Die sielkunde van variasie en keuse is 'n goeie verkoopstegniek. Gestel jy wil twee vissies verkoop, sal voornemende kopers heel moontlik in die mark wees vir een geel, een rooi, een blou en een wit vissie in plaas van twee bloues, wat beteken jy verkoop vier visse in plaas van twee.
- Besluit wat jou verkoopstyl gaan wees en hou daarby. Jy kan spesialiseer in die verkoop van:
- Broeipare, wat langer sal neem om wins te maak, hoewel die wins groter sal wees;
- Groot hoeveelhede kleintjies (volume);
- Groter visse met helderder kleure (kwaliteit-kleur).
- Dis ‘n goeie idee om addisionele diskusprodukte soos bekers of T-hemde te verkoop, byvoorbeeld bv. koppies of t-shirts nie.
- Belê in ‘n goeie kamera. Om mooi foto’s in jou advertensies te gebruik, trek beslis heelwat meer mense as selfoon-foto’s. Indruk is alles!
ZENZELE FARM: PHENDULA-KONYNE
- Phendula-konyne het oor baie geslagte heen groter ore ontwikkel. Moet egter nooit een aan sy ore optel nie. Die konyne se ore is ‘n “verkoelingstelsel” en as dit beskadig is, kan die diere nie in Suid-Afrika se warm somers doeltreffend afkoel nie. Dit kan lei tot produksieverlies of selfs dood.
- Maak seker jy beseer nie die pels tydens hantering nie. Verder, werk in die regte rigting – van nek tot stert – in die rigting van die natuurlike pelsgroei-patroon. Moet dit ook nie deurmekaar vryf of buig nie. Die redes hiervoor is, eerstens, die welstand van die diere, en tweedens, om jou konynspan in ‘n tiptop-toestand te hou indien jy sou besluit om hulle te skou in ‘n kategorie soos Beste Pels.)
- Phendulas is besonder kalm en saggeaard. En ten spyte van hul grootte, is hulle baie gedwee en maklik om te hanteer. Dit is egter baie belangrik dat ‘n mens hulle reg hanteer. Jou konyn se gewig moet altyd versigtig ondersteun word, want as hy enigsins ongemaklik is of onveilig voel, sal hy dalk spartel, wat kan lei tot besering aan sy hanteerder of homself as hy skrik. Jou produksie en wins hang af van ‘n kalm, ontspanne konyn. Is hy onder stres, kan jou produksie daaronder ly. Dit geld ook vir die produksie van karkasse. Die mishandeling en kneusing van vleis kan daartoe lei dat karkasse afgekeur word as ongeskik vir verkope.
- Phendulas floreer op groot hoeveelhede groen voer soos sekere tipes onkruid, gras en groente. Probeer om minstens 80% hiervan self te kweek en beperk gebruik van pilletjies (“pellets”) tot ‘n minimum.
THAT BUNNY FARM
- Sluit by ‘n konynklub aan.
- Teel in ooreenstemming met die broeistandaard van die ras waarop jy besluit.
- Koop jou teelvoorraad slegs by geregistreerde, geakkrediteerde telers.
- Hou noukeurig goeie rekord van wat in jou boerdery gebeur.
- Maak seker jou konyne se voer voldoen aan al die noodsaaklike dieetvereistes.
- Hou hul hokke onberispelik skoon.
- Maak seker hul behuising voldoen minstens aan die minimum-vereistes vir die spesifieke ras.
- Byt vas en bly gemotiveerd – konynteel maak ‘n mens nie oornag ryk nie!
LEON SU SE RYSPLAAS
- Rys groei beter in swaar kleigrond.
- Jy het ‘n betroubare waterbron nodig.
- Daar is net ‘n paar ryskultivars wat geskik is vir Suid-Afrikaanse toestande.
- Jy moet tussen 20 September en 10 Oktober plant.