Corné Liebenberg

img4

Corné Liebenberg is ʼn stigterslid en die bemarkingsdirekteur van Laeveld Agrochem asook die bestuurshoof van Vector Petroleum. Corné se loopbaan in die landbou word gekenmerk deur sy passie vir voedselsekerheid wat gelei het tot sy posisionering van Laeveld Agrochem  as ʼn maatskappy wat teruggee aan die gemeenskap deur middel van ʼn verskeidenheid projekte, onder meer borgskappe van plattelandse klinieke en skenkings van voedsame vars produkte aan minderbevoorregtes.  Sy omvattende ervaring, gerugsteun deur sy honneursgraad in bemarking aan die Universiteit van Pretoria, het ook bygedra tot die ontwikkeling van ʼn aantal nuwe produkte.