Chris de Clerq

img25

Chris se akteursloopbaan het in 1989 afgeskop met ʼn rol in ʼn TV-advertensie in Los Angeles in Kalifornië.  Hy is welbekend in Suid-Afrika vir sy rol as Paul Brink, in die ikoniese M-Net sepie, Egoli: Plek van Goud. Chris was ook ʼn aanbieder op SABC2 se tydskrif- verskeidenheidsprogram, Pasella, en later op Reise en Soetkyse, ʼn reisprogram op kykNET. Hy het ook een van die hoofrolle vertolk in die kykNET/M-Net dramareeks, Dit Wat Stom Is.