Koffie van Oorsprong, van bessie tot beker
Sê dit met koffie. Verstewig vriendskappe met koffie. Verwelkom gaste met die aroma van koffie. Ons kan dikwels verhoudings, gevoelens, transaksies en ooreenkomste terugvoer na dié uitnodiging: “Kan ek vir jou koffie koop?” Dit is die beginsel waarop Beaver Creek Coffee Estate in KwaZulu-Natal gebou is – mense se liefde vir ’n lekker koppie, saam […]
Die misterie binne die “moskamer”
Misterie. Dis waarskynlik die mees beskrywende woord vir dit wat twee Pretoriase wetenskaplikes, drs. Nita Breytenbach en Helga Dagutat, in ’n petribakkie reggekry het: om truffels revolusionêr in laboratoriumomstandighede te kweek, terwyl dit ’n rare, unieke sampioensoort is wat gewoonlik weggesteek in die natuur onder boomwortels groei. Vandaar die maatskappy se naam, Mustérion, wat dui […]
Knoffel vir Afrika … uit Suid-Afrika!
Begin net, al is jou lappie grond hóé klein. Dís die eerste stap as daar iewers in jou gedagtes ’n saadjie vir knoffelboerdery geplant is. Die tweede stap, om vooruit te boer, is om te volhard. Dit som die verhaal op van Jaun Barnard wat in die jaar 2000 ’n knoffelboerdery begin het – nêrens […]
Volhoubare boerdery begin by gewasbeskerming
Die internasionale gewasbeskermingsmaatskappy ADAMA, met sy hoofkantoor in Ashdod, Israel, het sedert sy stigting meer as 70 jaar gelede van krag tot krag gegaan – jaar ná jaar uitgebrei vanweë kennisverbreding en gevolglike vooruitgang tot voordeel van boere wêreldwyd. Hierdie landbouchemiese maatskappy is, volgens Hardus Hern, sy verkoops- en bemarkingskundige, in diens van die landbou […]
Keurige flessies vol geurigheid vir kos en drank
Sukses word dikwels uit nood gebore. Vir Jeanie Britz, eienaar van die maatskappy Burst Botanicals in Durbanville, was ’n reuse-terugslag háár aansporing om vorentoe te boer met dit waarop sy die meeste kan staat maak: kennis en leergierigheid, deursettingsvermoë en ’n voorliefde vir die produkte waarmee sy werk. Haar verhaal as vooruitstrewende sakevrou en entrepreneur […]
’n Vyeparadys waar tyd stilstaan
In die hartjie van die Groot-Karoo, in ’n asemrowende kloof in die Swartbergreeks, lê die plaas Weltevrede, een van Suid-Afrika se heel oudste vyeplase. Vir die gesin De Klerk is dit ’n tuiste waarop hulle ’n uitsonderlike produk verbou en verwerk om aan ’n fynproewersmark te lewer. Die afgelope jare het hulle ook hul plaas […]
Wetenskap, tegnologie en passie – ’n wenkombinasie vir wentuine
Of jy tuinmaak op ’n woonstelbalkon, op jou posseël-dorpserf, in jou groot plaastuin of in net een bedding van jou meenthuis-lappie – ons almal wil ons graag omring met die wonder en skoonheid van plante vir ons plesier. Dit gebeur dikwels dat jou tuinboudroom entoesiasties afskop, maar jy jou dan vasloop in toestande wat jy […]
Plante wat min vra, maar gee sonder ophou
Die natuur se ontwerperswonders, waterwys by uitstek, met die vermoë om in selfs die felste omstandighede te oorleef en te gedy. Met relatief min aandag omskep hulle ’n doodgewone tuin in ’n eksotiese oase. Dít is die betowering van vetplante, of sukkulente – plante wat tuiniers in versamelaars verander, wat van tuinmakers tuinkenners maak. Tot […]
Luuksheid, krag en veiligheid: Die JAC T9 bied dit alles … en nog meer
Suid-Afrikaners hóú van die langpad. Hulle is allermins skrikkerig vir onherbergsame paaie na afgeleë gebiede, want hulle weet dis hoe jy ongewone plekke, uithoeke en interessante wegsteekhoekies van ons beeldskone land ontdek. Maar Corné Liebenberg en dr. Phillip Venter van Laeveld Agrochem se doel met die nuwe luukse JAC T9-dubbelkajuitbakkie waarmee hulle die land deurkruis […]
Selfdoen … van koffieboon tot koffiebeker
Koffie is ’n internasionale taal, lui die spreekwoord. Dis met ’n beker in die hand dat die meeste van ons ons dag afskop. Dís hoe ons deur ons dagtaak kom. En dis net ’n lekker koppie koffie wat vreemdelinge in vriende kan verander. Want, sê sielkundiges, koffie se unieke aroma het ’n gerusstellende uitwerking op […]