Om Banhoek Lodge te besoek is soos ’n tuiskoms. Die oomblik dat jy jou voet oor die drumpel sit, word jy stylvol verwelkom in ’n keurige kuierruimte, omring deur ’n asemrowende natuurskoon soos net die Stellenbosse omgewing jou in oorvloed kan bied.
Dié hotel aan die Helshoogtepas, tussen Stellenbosch en Franschhoek, is ’n ware juweel vir fynproewers wat nie net uitsoekverblyf soek nie, maar ongekende gasvryheid wil geniet vir die volle duur van hulle besoek.
Of jy die ideale wittebrood-wegbreek verlang, of net ’n naweek lank die son op ’n ander plek as gewoonlik wil sien opkom …. Banhoek Lodge staan reg om jou van kop tot toon te bedien; jou die geleentheid te gee om vir ’n verandering sorgeloos terug te sit. Daar kom mos tye in die lewe dat jy graag bederf wil word (en dit verdien!), spesiaal wil voel en op die hande gedra wil word, te midde van die wilde gejaag van jou daaglikse pogings om kop bo water te hou. Jy hoef nie verder te soek nie … hierdie eksklusiewe hotel verseker jou van ’n smaakvolle kuier in die gerieflikste, netjiesste akkommodasie denkbaar.
Dis ook die ideale plek vanwaar jy jou besoek aan Stellenbosch en sy omliggende omgewing kan beplan.
Elk van die sewe slaapkamers in dié ikoniese, argiteksontwerpte hotel bied ’n prentjiemooi uitsig oor een van die skilderagtigste valleie in die Wes-Kaapse Wynland.
Resensies deur gaste aan hierdie boetiek-akkommodasie wys deurgaans een belangrike kenmerk uit: ongekende styl. Dit sluit in noukeurige aandag aan detail, persoonlike diens sowel as ruim kamers met elegante binneversiering en alle geriewe denkbaar om aan jou ’n sorgvrye verblyf te verseker. Elke slaapkamer is toegerus met ’n koningsgroot bed met bykomende lengte, ’n en suite-badkamer met ’n ekstragroot bad waarin jy kan teruglê, lugreëling, ’n platskerm-TV en ’n vuurherd. Gratis WiFi, ’n daaglikse ontbytbuffet en ’n swembad rond jou verblyf perfek af. Ontbyt kan egter ook op die stoepie voor jou kamer bedien word terwyl jy die vars berglug inasem, en jy kan gebruik maak van die hotel se spa vir daardie broodnodige lyflike ontspanning.
Beplan vanaf hierdie betowerende tuiste staptogte in die buitelug, en maak gebruik van die nabygeleë fietsrypaaie in die wingerde om ’n welkome breuk te bied van jou kantoorbestaan. Of moontlik is jou grootste belangstellings die historiese besoekpunte en kulturele bestemmings wat so uniek is aan Stellenbosch en die Wes-Kaap.
Vir dié doel is daar in elke suite ’n gids byderhand vir daguitstappies na die naaste vyfster-wynlandgoedere soos Tokara, Delaware, Thelema en die historiese Boschendal, met gedetailleerde aanwysings tot die beste besoekpunte … onder meer monumente, ikoniese geboue, wynproeë en selfs wyn-en-kos-pasproegeleenthede. Die vriendelike, hulpvaardige, sorgsame, kundige en professionele personeel sal jou bystaan om besoeke aan jou voorkeurbestemmings te organiseer. Geen gas van dié boetiekhotel, wat superieure verblyf in die Wes-Kaapse wynomgewing beloof, kan vir beter vra nie.
Kortom: Banhoek Lodge versinnebeeld perfeksie in alle opsigte, van die ligging tot die onmiddellike natuurskoon, van die deftige dekor tot die nommerpas geriewe … voortaan hoef jy nie te wonder waar jy volgende keer moet bespreek as jy die ideale heenkome soek vir daardie wegkomkans waarvoor jy al ’n geruime tyd wens nie. Dalk smag jy ná ’n besige jaar van pligte net na ’n verandering van omgewing; of moontlik begeer jy dit al lankal om weg te breek uit die gejaagdheid en druk wat jou werksomstandighede met sy spertye en verantwoordelikhede daagliks op jou doenlys sit.
Dié winter staan Banhoek Lodge boonop reg met ’n spesiale aanbod: Dit is verblyf vir drie nagte teen die tarief van twee óf gebruik die woord NISBOERE wanneer jy bespreek om 15% afslag op jou verblyf vanaf Junie tot Augustus 2025 te ontvang.*
Uiteindelik kan jy rustig terugsit en ’n paar kommervrye dae in ’n verfrissende, opbouende, beeldskone atmosfeer geniet. Weet dan dat geen verblyfplek ’n beter, geriefliker middelpunt is vanwaar jy die Boland se ruim aanbod kan verken nie.
Ontdek ware gasvryheid en omgee by een van Suid-Afrika se elegantste hotelle … die ideale wegspringplek tot ’n ontdekkingsreis van die Wynland.
Adres: Helshoogtepad (R310), Stellenbosch.
Kontakbesonderhede: 074 108 5003 of skryf aan info@banhoeklodge.co.za
B’s en V’s geld: www.sunshineleisure.co.za
- Volg @Banhoek Lodge op sosiale media, of teken in op ons poslys sodat jy heel eerste kan weet van ons seisoenspakkette en beperkte spesiale aanbiedinge.
- Besoek ook www.wowbuy.co.za om die produkte wat in van die episodes verskyn, aan te skaf.
- Volg @Nisboere om saam met ander nisboere te leer en ook om jóú storie met ons te deel: www.nisboere.co.za