Seisoen 9 | Episode 13

https://youtu.be/vbCOYDQz3Kw Klik hieronder om na die vollengte onderhoude te kyk Plant Abundance FNB – Dawie Maree Jesray Farm

Plant Abundance: Gesondheid uit die onkruid

Dis oral om ons … reg om gepluk te word om ons kosvoorraad aan te vul. En die beste van alles? Dis gratis, met die komplimente van die natuur. Die voorwaarde is egter dat jy eers deeglik huiswerk doen om dié onwelkome, hinderlike plantjies te kan identifiseer wat ons gewoonlik as “onkruid” klassifiseer en wat […]

Makadamias: Om te droom is om te doen

Saamstaan en selfdoen. Dís die beginsels waarop die Wardle-gesin van die plaas Jesray in die distrik Lilyfontein naby Oos-Londen hul boerderypraktyk bou.  Sedert hulle dié plasie van net enkele hektaar gekoop het, het Iain Wardle en sy vrou, Lisa, eers ’n gemengde boerdery gevestig en dit die afgelope jare uitgebrei met sonneblomme en veral makadamianeutbome.  […]

Seisoen 9 | Episode 12

https://youtu.be/muOvzjx8HTo Klik hieronder om na die vollengte onderhoude te kyk Delmas Fresh Herbs Ubhejane Wildlife Woodhill Dieticians – Rehette Greyling

Delmas Fresh Herbs: ’n vars beskouing van gesondheid

Op die plaas Olifantsfontein naby Delmas in Mpumalanga verenig talle faktore om dit ’n kruie-en-groenteplaas van formaat te maak. Dis hier waar Delmas Fresh Herbs gesetel is … met die klem op várs! Dié faktore, sê die maatskappy se besturende direkteur, Coby van Wyk, is die ligging, die klimaat, die grond en die geleentheid wat […]

’n Stukkie Afrika op Bela-Bela, spesiaal vir dié vasteland se sierdiere

Vir die De Swardts van die wildsplaas Ubhejane Wildlife naby Bela-Bela in die noorde van die land is daar niks so sierlik en statig as die diere wat hulle hier aanhou nie – wild soos buffels, swartwitpense, koedoes, ’n paar njalas, springbokke, sebras, kameelperde, volstruise en selfs ’n seekoei of twee. En as jy mooi […]

Seisoen 9 | Episode 11

https://youtu.be/DOkEMxRPekU Klik hieronder om na die vollengte onderhoude te kyk Eggcellent Imifino Exports – Vincent Keesenberg Laeveld Agrochem – Stresbestuur in Sitrus – KF 49 Pakhuis

Die soet smaak van sitrussukses

Die versoening van akademie en praktyk. Dít som Johan en Anna van der Merwe se benadering tot hul boerdery buite Brits in die Noordwes-provinsie perfek op. Want dié egpaar se kennis van en liefde vir die landboubedryf is ’n pad wat hulle al saamloop sedert hulle albei in die jare tagtig ’n B.Sc.(Agric)-graad aan die […]

Hulle lê so lekker, want hulle wei so lekker!

Net buite Stanford, op die plaas Landmeterskop, het Terry Georgiev ontdek wat ware vryheid is.  Want dis hier waar sy en haar man nou al ses jaar lank doen waaroor hulle lank gedroom het – dit is om ’n winsgewende, volhoubare, bevredigende boerdery op die been te kon bring nadat hulle jare lank in die […]

Seisoen 9 | Episode 10

https://youtu.be/jWzluOBWNt4 Klik hieronder om na die vollengte onderhoude te kyk Red Baron Tomatoes Laeveld Agrochem – Schalk van Rooyen Adene’s Farm Flowers