Anrich Herbst

img26

Anrich Herbst is ʼn Suid-Afrikaanse akteur en aanbieder wat reeds as kind roem verwerf het met sy rol as Wimpie van Tonder in die gewilde TV1-sitkom, Orkney Snork Nie.  Sedertdien het hy die rol van Duncan Haines vertolk in die SABC3-sepie, Isidingo en in die M-Net sepie, Egoli: Plek van Goud het kykers hom leer ken as Dewald Vorster. Afgesien van sy akteurswerk, is Anrich ook ʼn gospel-sanger met ʼn diploma in opleiding wat hy in 2001 by die Rhema Bybelskool verwerf het.