Algemene inligting
Die wêreld het verander, ons land het verander, en óns het verander. Aanpas en vorentoe kyk het krities belangrik geword, en is ook die antwoord vir baie in die landboubedryf.
Nisboere het aanvanklik op kleinskaalse ondernemings gefokus – diegene wat met min geld, spasie en geleenthede ’n nismark vir hul produkte kon uitkerf. Met verloop van tyd – en vyf suksesvolle seisoene – plaas Nisboere Glans die fokus op spesialisasie. Daar word gekyk na klein én kommersiële boere wat dinge op ’n nismanier doen – dit gaan nie meer oor groot of klein nie, maar alles oor dinge slim, nuut en anders doen.

Seisoen 4 uitsaaitye op VIA:
Vanaf Dinsdag, 30 April word Nisboere Seisoen 4 om 20:30 uitgesaai.
Heruitsendings:
Woensdae – 09:00
Dinsdae – 15:00
Sondae – 16:30
Vrydae – 17:00
Vrydae – 23:00
Seisoen 2 heruitsendings op eExtra:
Dinsdae – 20:30